Lys fossiele in die menslike evolusie

Die volgende lys fossiele in die menslike evolusie bevat fossiele van die tribus Hominini, wat in die Laat Mioseen (sowat 6 miljoen jaar gelede) ontstaan het. Aangesien duisende fossiele reeds gevind is, dikwels net enkele bene of tande,[1] is dit nie ’n volledige lys nie, maar dit bevat van die belangrikste vondste. Die fossiele is in die volgorde van oud tot jonk, soos bepaal deur radiometriese en/of inkrementele datering.

Die meeste van die fossiele word nie beskou as direkte voorouers van Homo sapiens nie, maar is nou verwant aan direkte voorouers en dus belangrik in die bestudering van die menslike lyn.

  1. "Prominent Hominid Fossils" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2019. Besoek op 31 Augustus 2006.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search